VIDEO: “Hy is dood in die hande van wit mense” sê Premier
Hy is dood in die hande van wit mense, wie Afrikaners is, van Coligny af kom en rassiste is," het die Premier van die Noordwes, Supra Mahumapelo tydens, Matlhamola Jonas Mosweu(16), wie se dood optogte in Coligny veroorsaak het, se begrafnis gesê.

Hy is dood in die hande van wit mense, wie Afrikaners is, van Coligny af kom en rassiste is,” het die Premier van die Noordwes, Supra Mahumapelo tydens, Matlhamola Jonas Mosweu(16), wie se dood optogte in Coligny veroorsaak het, se begrafnis gesê.
Kyk hier na die video van Mahumapelo se toespraak by die begrafnis, Lees ook meer oor die storie op News24 en Netwerk24
Die twee mans, Pieter Doorewaard en Phillip Schutte, is vandag op borgtog van R5 000 elk vrygelaat en moes hul paspoorte inhandig. Die beslissing van die hof het tot verdere gewelddadige optogte gelei, waar ten minste drie huise in Coligny beskadig is.
“Dit is betreurenswaardig dat Noordwes se premier die voorval as rassisme probeer uitbeeld,” sê Michal Groenewald, leier van die VF Plus in Noordwes.
Volgens hom sal die premier moet pa staan vir die gewelddadige betogings wat rondom die saak ontstaan het.
“Wanneer wittes deur swartes vermoor word, is dit gewone misdaad. Wanneer die situasie omgekeerd is, maak die ANC rassisme daarvan. Dit is onaanvaarbaar. Mahumapelo kan gerus sê hoeveel begrafnisdienste van vermoorde wit boere in die provinsie hy al bygewoon het en wat hy daaroor te sê gehad het,” het Groenewald gesê.
“Die VF Plus verwelkom die hof se siening dat hy nie sal swig voor die intimidasie van oproermakers nie. Suid-Afrika is ʼn regstaat en dit sou kommer wek indien regspleging in die saak wel daardeur beïnvloed sou word.
“Die VF Plus wil benadruk dat die reg nie net in hierdie saak nie, maar in alle strafsake in Suid-Afrika, sonder enige inmenging of intimidasie toegelaat moet word om sy gang te gaan,” sê Groenewald.
DA veroordeel Mahumapelo en vra vir kalmte in Coligny
Die DA se Jacqueline Theologo, het op haar beurt ook die woorde van Mahumapelo veroordeel.
“Ons verwerp die opmerkings van premier Supra Mahumapelo wat probeer om die mense van die Noordwes tussen rasselyne te verdeel. Hy moet weg bly van hierdie soort politiek. As die twee mans skuldig bevind word vir die moord, moet hulle die volle mag van die wet in die gesig staar,” het Theologo gesê.



