‘n Plaashuis naby Coligny is vanoggend (5 Mei) aan die brand gesteek.
Dit nadat die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n tiener vermoor het, op borgtog van R5000 elk vrygelaat is.
Jacaranda FM nuus, berig dat mense direk na die hof se beslissing in die strate van Coligny ingevaar het in protes teen die hof se besluit om borg toe te staan.
Volgens Netwerk24, het landdros Foso bevind dat die staat se saak teen Pieter Doorewaard (26) en Philip Schutte (34), op die stadium nie baie sterk is nie, die getuie vir die staat nie baie geloofwaardig nie en dat die twee nie ‘n vlugrisiko is nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



