NewsNews

Twee wat hulself voorgee as “verkeersbeamptes” vas

Die polisie het Maandag (22 Mei) twee mans in hegtenis geneem wat daarvan verdink word dat hulle, hulself as verkeersbeamptes voorgee.

Die polisie het Maandag (22 Mei) twee mans in hegtenis geneem wat daarvan verdink word dat hulle, hulself as verkeersbeamptes voorgee.

Volgens Lt. Kol. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, is die twee mans omstreeks 05:00 langs die N12 tussen Klerksdorp en Wolmaransstad afgetrek. Die polisie beamptes het die verdagte voertuig deursoek waarna hulle drie vuurwapens, reflektiewebaadjies, ʼn bloulig, “cableties” en ʼn balaklawa gevind het. Die verdagtes kon nie aan die polisie verduidelik waar dit vandaan kom of hoekom hulle in besit is daarvan nie, waarna hulle in hegtenis geneem is.

“Daar word vermoed dat die verdagtes glo betrokke kan wees by vorige voorvalle op die stuk van die N12 waar motoriste, op geskiet, beroof en in een geval vermoor is deur mense wat voorgee om verkeersbeamptes te wees,” het Makau gesê.

Dié twee, onderskeidelik 27 en 32-jaar oud, sal Woensdag 24 Mei 2017 in die Klerksdorp-landdroshof verskyn op aanklagte van besit van vermoedelik gesteelde goed, onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en ʼn klag van hulself voordoen as polisiebeamptes

Die Noordwes-provinsiale kommissaris, lt. Gen. Baile Motswenyane, was opgewonde oor die sukses en het lede aangemoedig om voortdurend die “Back-to-Basics-benadering” ten alle tye toe te pas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button