NewsNews

Fasionista maak herwinningsplan

Hoewel herwinning ’n rare verskynsel in Potchefstroom is, word die hergebruik van klere ’n vinnig tendens onder jonk en oud. Bonne Affaire is ’n nie-winsgewende projek wat vanjaar gestig is met die doel om vir jou oortollige klere ’n nuwe baas te gee. Die fondse wat ingesamel word deur die projek word aan liefdadigheidsorganisasies geskenk. …

Hoewel herwinning ’n rare verskynsel in Potchefstroom is, word die hergebruik van klere ’n vinnig tendens onder jonk en oud.
Bonne Affaire is ’n nie-winsgewende projek wat vanjaar gestig is met die doel om vir jou oortollige klere ’n nuwe baas te gee.
Die fondse wat ingesamel word deur die projek word aan liefdadigheidsorganisasies geskenk. Celetia Reinders, stigter-bestuuder van die projek, het gesê die doel was aanvanklik om fondse te genereer vir die NWU-Puk se Mnr. en Mej. Kampus skoonheidskompetisie se liefdadigheidskomponent.
Die projek het egter soveel belangstelling ontlok dat die mikpunt ver oorskry is. “Met die eerste verkoopslag, by die Boeremark in Bloemfontein, het ek R3 700 ingevorder,” het Reinders gesê.

Die ekstra klere wat ingesamel is tydens die projek, is aan die SR: SJGD geskenk sodat dit aan behoeftige mense uitgedeel kan word.
“Ek het twee sussies en met my ma saam is ons vier vroue in die huis wat baie lief is vir klere. Ek het onthou dat my oudste sussie destyds van haar klere verkoop het vir sakgeld en dit het die idee van die projek laat ontstaan,” het Reinders gesê.

Aanvanklik het Reinders van haar eie klere wat sy nie meer dra nie, verkoop, maar kort daarna het heelwat van haar vriendinne ook klere geskenk vir die projek.
“Voordat ek die klere verkoop het wat geskenk is, het ek alles eers gewas en die nodige herstelwerk, soos om knope aan te werk, gedoen,” het Reinders gesê.
“Herwinning is vir my besonder belangrik en ek voel dat dit iets is wat enige iemand enige plek kan doen. Ek gebruik byvoorbeeld glasbottels waarin olywe of koffie verpak word, haal die etikette af en gebruik dit om muntstukke in te versamel, as ’n blompotjie of om lekkergoed in te bêre.”

Sy meen dat herwinning iets is wat ’n waardevolle gewoonte is om reeds van jongs af by kinders aan te kweek. Reinders sê dat sy graag sal wil voortgaan met die projek. “Ons het almal klere in ons kaste wat ons seisoen na seisoen nooit dra nie, maar wat tog mooi sal wees vir iemand anders.”
Soortgelyke projekte en organisasies in Potchefstroom sluit in tweedehandse jasse wat verkoop word by Christa Galli. Verskeie kerke soos NG Kerk Bult- en Duet-gemeentes bied ook tweedehandse klere teen goedkoop pryse aan behoeftiges.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button