
PAWS is onder geweldige finansiële druk, en die gemeenskap het besluit om te help. Verskeie mense het begin om fondse in te samel en sommiges het donasies gemaak. Daar is ook ‘n fotokompetisie geloots ten bate van PAWS. Die organiseerders van die kompetisie is Geraldine De Oliviera en Marizann van Tonder.
Daar is drie kategorieë waar ingeskryf kan word, naamlik Snaakste Troeteldier, Oulikste troeteldier en troeteldier saam met sy eienaar. Die inskrywingsgeld is R30 per foto, en alle gelde word aan PAWS gegee.
Die wenner van die snaakste troeteldier wen ‘n 1.5 uur fotosessie en ‘n Regal geskenkbewys. (waarde R850)
Die wenner van die oulikste troeteldier wen ‘n 1.5 uur fotosessie en ‘n Black Bird Design geskenkbewys. (waarde R770)
Die wenner van die beste eienaar en troeteldier foto wen ‘n 1.5 uur fotosessie en ‘n Zigmart geskenkbewys (waarde R650)
Inskrywings sluit 31 Julie 2017. Vul die onderstaande vorm in en heg die foto daaraan. Inskrywings kan by PAWS ingehandig word.
Vir meer inligting skakel Geraldine De Oliveira 0716851100 of Marizann Van Tonder 0794274042.




