
‘n Man wat vanoggend (28 Junie) na bewering by ‘n voertuig ingebreek het, is kort na die inbraak deur ‘n ander voertuig raak gery.
Die man het glo in ‘n vrou se voertuig in Peter Mokabastraat omstreeks 07:00 rond gekrap terwyl sy in die huis was. Hy het haar gewaar toe sy by die huis uitkom waarna hy gevlug het. Hy het in die pad in gehardloop waar hy deur ‘n ander voertuig getref is.
ER24 paramedici het op die toneel gekom waar hulle die man gevind het, hy het geen ernstige beserings opgedoen nie en wou nie hospitaal toe gaan nie. Mooirivier Beskerming is in kennis gestel van die voorval waarna hulle reageer het asook die polisie in kennis gestel het.
Die polisie het die man in hegtenis geneem.



