NewsNews

Veld langs Trimpark brand: noue ontkoming vir straathandelaars

'n Groot gedeelte van die veld langs die Trimpark het vanmiddag begin brand. Verskeie handelaars wat daagliks langs Govan Mbeki-rylaan goedere verkoop, het amper hul goedere in die brand verloor.

‘n Groot gedeelte van die veld langs die Trimpark het vanmiddag begin brand. Verskeie handelaars wat daagliks langs Govan Mbeki-rylaan goedere verkoop, het amper hul goedere in die brand verloor.

Een van die handelaars, Pascal Mandizira, sê dat as dit nie vir die drie polisiebeamptes, kst. Ruben Ramadie, kst. Moses Dhlamini en kst. Kwele Kabelo, was wat hul kom help het om hul goedere uit die pad te dra nie, het hulle moontlik alles verloor.

Gelukkig het die brandweer ook die vlamme net betyds geblus en is niks van die handelaars se goedere in die brand beskadig nie.

Mandizira sê dat die brand begin het tussen die lang gras duskant die rivier, en dat dit spoedig versprei het tot teen hulle. “Ons weet nie wie vuur maak by die rivier nie, maar laasweek was daar ook ‘n brand by die rivier, maar dit het darem nie versprei nie,” het hy gesê.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Hou die Herald dop vir meer inligting.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button