Volkies se o14A krieketspan volg in die o15A en eerste krieketspan se voetspore met hul sege in die eindstryd van o14 T20-liga om nog ‘n kriekettrofee vir Volkies te gee.
Dit is sodoende Volkies se derde Noordwesligatitel wat hul vanjaar behaal het. Die o14A’s het vir KHS in die eindstryd met 31 lopies geklop.
Daniel Jacobs met 80 (70 balle) was weer uitstekend vir Volkies in hul totaal van 138/8 in 20 beurte. Volkies se boulers het toe vir KHS gewys wie is baas toe hul hul teenstanders tot 107/7 beperk. Corné Bergh neem 3/23.
Cobus en David Crowther het tien jaar gelede nog vir Volkies se eerste krieketspan uitgedraf – nou rig hul die skool na NW-titels af.



