NewsNews

Man dood na botsing op N12

'n Man is dood en twaalf mense is beseer toe twee voertuie ongeveer 10 km buite Potchefstroom op die N12 met mekaar gebots het.

‘n Man is dood en twaalf mense is beseer toe twee voertuie ongeveer 10 km buite Potchefstroom op die N12 met mekaar gebots het.
Paramedici van ER24 het vanoggend (27 Julie) omstreeks 05:30 op die toneel gekom waar die een voertuig langs die pad gevind is. Die minibus het sowat 500 meter verder gestaan.
Die oorledene is deur paramedici buite die voertuig gevind.
Twaalf ander pasiënte, wie almal in die minibus was, is op toneel vir verskeie beserings behandel waarna hulle na Potchefstroom Hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Plaaslike owerhede was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button