NewsNews

Fietsryer kritiek na motor hom tref

'n Man wat moontlik in sy 30's is, is in 'n kritieke toestand na hy gisteraand deur 'n motor van sy fiets afgestamp is. Die ongeluk het in Ikagengstraat in Potchefstroom gebeur.

‘n Fietsryer wat moontlik in sy 30’s is, is in ‘n kritieke toestand nadat ‘n motor hom gisteraand getref het. Die ongeluk het in Ikagengstraat in Potchefstroom gebeur.

ER24 paramedici het die man gevind waar hy langs sy fiets in die middel van die pad gelê het. Die bestuurder van die motor wat die man gestamp het, was steeds op die toneel. Die man het ernstige beserings aan sy kop, bors en bene en is na Potchefstroom Hospitaal geneem.

Volgens ER24 woordvoerder Russel Meiring, is die presiese oorsaak van die ongeluk nog nie bekend nie, maar was die polisie op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

CSS, Crime ad

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button