
‘n Man is op aanklag van rooftog in hegtenis geneem. Dit nadat hy daarvan verdink word dat hy by ‘n roof wat Donderdagaand (17 Mei) omstreeks 21:00 gebeur het, betrokke was.

Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was ‘n man Donderdagaand in Walter Sisulustraat op pad huis toe waarna hy glo deur twee mans agtervolg is.
“Die verdagtes het die man van agter af met ‘n voorwerp oor die kop geslaan waarna hulle om van sy selfoon beroof het,” het Manyoba gesê.
ort na die voorval is die man in hegtenis geneem. Hy het kortliks in die Potchefstroomse landroshof verskyn waarna hy op R500 borgtog vrygelaat is.
Die saak is uitgestel na 28 Mei vir verdere ondersoek.




