NewsNews

Bedanking mag Premier nie van vervolging red

Die VF Plus sê die nalatenskap van mnr. Supra Mahumapelo as premier van Noordwes is gewelddadige betogings, wanbestuur, politieke binnegevegte, onstabiliteit, onreëlmatighede, bande met die omstrede Guptas, talle bewerings van korrupsie en die in duie stort van die provinsiale departement van gesondheid

Die VF Plus sê die nalatenskap van mnr. Supra Mahumapelo as premier van Noordwes is gewelddadige betogings, wanbestuur, politieke binnegevegte, onstabiliteit, onreëlmatighede, bande met die omstrede Guptas, talle bewerings van korrupsie en die in duie stort van die provinsiale departement van gesondheid.

 

Die VF Plus verwelkom die bedanking (vroeë aftrede) van Mahumapelo, maar sal nie toelaat dat die bewerings van grootskaalse bedrog en korrupsie wat hom betrek, nie steeds deeglik ondersoek word nie.

 

Die bedanking van die premier mag hom nie kwytskel van vervolging nie, sê Michal Groenewald. Leier van die VF Plus in Noordwes.

 

Hy sê die VF Plus het vandeesmaand ‘n klag by die Openbare Beskermer (OB) gelê en haar versoek om bewerings van omvangryke bedrog en korrupsie waarby Mahumapelo betrokke is, te ondersoek. Hierdie bewerings behels onder andere sakebelange van Mahumapelo wat na bewering deur implementeringsagente wat deur die provinsie gekontrakteer is, befonds is.

Noordwes het die afgelope tyd onherstelbare ekonomiese en finansiële skade gelei weens gewelddadige betogings wat met die beskadiging van eiendom gepaardgegaan het.

 

Die ANC se binnegevegte was direk vir hierdie geweld verantwoordelik, sê Groenewald.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button