NewsNewsRegional News

Ekskêrel van moord op twee meisies aangekla

'n 19 Jarige man het vandag (28 Mei) in die landroshof in Vryburg op twee klagtes van moord verskyn.

‘n 19 Jarige man het vandag (28 Mei) in die landroshof in Vryburg op twee klagtes van moord verskyn.

Volgens Lt. kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, volg dit nadat Marna Engelbrecht (17) en Sharnelle Hough (16) Saterdag (26 Mei) vermoor is. Beide die meisies se lyke was in die koshuis van Hoërskool Stella gevind.

“Die koshuismatrone het beide meisies in die koshuis gevind. Die 17 jarige het aan die trapreling gehang. Met die polisie se aankoms het hulle die ander meisie met ‘n tou om haar nek in ‘n badkamer gevind,” het Funani gesê.

Volgens Funani, is Zander Bylsma (19) kort na die gru-vonds in hegtenis geneem. Hy is glo ‘n ekskêrel van een van die meisies.

Xander Bylsma (19) het vandag (28 Mei) in die hof verskyn op twee klagtes van moord. FOTO: Facebook

 

Die saak is uitgestel na 6 Augustus vir verdere ondersoek. Bylsma bly in aanhouding.

Lt. Gen. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het polisiebeamptes gelukgewens met die goeie werk wat hulle gedoen het om die beskuldigde so vinnig in hegtenis te neem.

“Namens die departement wil ek my opregte meegevoel aan die gesinne en leerders van Hoërskool Stella oordra. Die dood van hierdie twee leerders is ‘n baie tragiese voorval in ons departement. Ons wens die families sterkte toe en weet dat hulle krag van die Here sal kry om hierdie tragedie te hanteer,” het Sello Lehari, LUR vir onderwys van die Noordwes in ‘n verklaring gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button