NewsNewsBreaking News

Voertuig terug gekry na kaping op Carletonvillepad

ʼn Bakkie is vandag (30 Mei) terug gekry nadat dit op die pad tussen Potchefstroom en Carletonville gekaap is.

ʼn Bakkie is vandag (30 Mei) terug gekry nadat dit op die pad tussen Potchefstroom en Carletonville gekaap is.

Die voorval het glo vanoggend omstreeks 11:30 plaasgevind.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier beskerming, het oogegetuies die firma in kennis gestel van die voorval.

Beamptes het na die toneel reageer waar hulle ʼn man langs die pad gevind het.

Volgens Haefele blyk dit dat die man met ʼn bakkie op pad Carletonville toe was. ʼn Ander voertuig het voor hom gestop waarna drie gewapende mans uit geklim het.

Die bestuurder van die bakkie is in die verdagtes se voertuig inforseer. ʼn Ent verder is die slagoffer uit die voertuig gegooi waarna die verdagtes in die rigting van Carletonville gevlug het.

Die polisie kon die tracker-toestel van die bakkie tot in Carletonville naspoor, waar die bakkie terug gekry is. Die verdagtes het egter gevlug en is steeds soek.

Lees vandeesweek se Herald oor nog kapings wat plaas gevind het

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button