https://www.facebook.com/swanepoelbarend/videos/2136665593016361/
Daar het glo minstens twee meteoriete op Saterdagaand 2 Junie in die Noordwes geval.
‘n Boer naby Ottosdal in die Noordwes, Barend Swanepoel, het kringtelevisie-beeldmateriaal op Facebook geplaas wat deur Vikus van Zyl, wat tussen Hartebeesfontein en Ottosdal boer, se sekuriteitskamera geneem is.
Die beeldmateriaal wys hoe ‘n voorwerp wat soos ‘n meteoriet lyk om 18:49 die aarde tref. Swanepoel sê dat dit volgens ooggetuies naby Deelpan geval het.
Nog ‘n ooggetuie het op Facebook gesê dat sy twee voorwerpe wat soos meteoriete lyk gesien val het. Een het in die rigting van Johannesburg geval en die ander in die rigting van Hartebeespoortdam. Iemand het gesê dat hulle naby Lanseria Lughawe was toe hulle die wit lig sien aarde toe kom het.
eNCA berig dat een van die meteoriete glo tussen Lichtenburg en Mafikeng geval het terwyl die ander een glo tussen Hartebeesfontein en Coligny geval het.
Ilonka Lourens het die video op Facebook gelaai. Sy sê dat dit deur hul sekuriteitskameras buite hul huis in Randfontein geneem is.
https://www.facebook.com/ilonkalourens/videos/10216733283663864/




