NewsNews

Ontstoke gemeenskap dreig oor rou riool

Inwoners van uitbreiding 9 in Ikageng is baie naby aan protesaksie nadat daar vir meer as ’n maand rou riool verby hulle huise vloei.

Inwoners van uitbreiding 9 in Ikageng is baie naby aan protesaksie nadat daar vir meer as ’n maand rou riool verby hulle huise vloei.

Die riool eindig uiteindelik in die Mooirivier op. Behalwe vir die riool het dié uitbreiding na ongeveer twee jaar steeds nie elektrisiteit nie. Die Herald het op 31 Mei berig dat dié riool uit twee verstopte mangate vloei. Riool uit een van die verstopte mangate vloei in wat veronderstel is om ’n stormwatersloot te wees. Dié sloot loop reg langs huise verby.Teen Woensdagoggend 13 Junie was die situasie nog onveranderd.


Volgens Johan Zerwick, wyksraadslid, het die situasie eintlik vererger. Die stormwatersloot het al so begin inval dat daar oor die afgelope naweek ’n taxi vasgesit het. “Voertuie kan nie by die uitbreiding kom nie. Selfs polisievoertuie sukkel om in die area patrollie te doen,” het Zerwick gesê.

Hy het ’n vergadering met verskeie bestuurders van departemente aangevra om die probleem aan te spreek. Volgens hom vind dié vergadering Donderdag (14 Junie) plaas. Hy sê as daar niks aan die probleem gedoen gaan word nie sal hy genoodsaak wees om die situasie by die menseregtekommissie aan te meld. In ’n brief aan die bestuurders, die burgemeester en die munisipale bestuurder sê Zerwick dat hy nie seker is hoe lank hy nog die inwoners kan keer om op te tree nie.

Teen ten van publikasie het die munisipaliteit nie reageer op die Herald se versoek op kommentaar nie.

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/48748/riool-vloei-verby-huise-mooirivier/

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button