Volgens ‘n verklaring van Eskom is daar ‘n moontlikheid dat beurtkrag tussen 17:00 – 21:00 kan plaasvind.
“Eskom sal die publiek in kennis stel oor watter vlak van beurtkrag implementeer sal word,” lui die verklaring.
Eskom het mense gemaan om elektrisiteit, veral tydens spitstye spaarsamig te gebruik. Spitstye soos deur Eskom aangedui is, 07:00-10:00 en 18:00-21:00.
Hulle het mense wat die skedules vir beurtkrag wil sien na hulle webtuiste loadshedding.eskom.co.za verwys.
Dit blyk uit die skedules dat Potchefstroom slegs tussen 00:00-04:30 beurtkrag sal ondervind teensy dit na vlak vier, verhoog word. In die geval dat dit na dié vlak toe verhoog word, sal beurtkrag tussen 16:00-20:30 in Potchefstroom implementeer word.
Vir Potchefstromers is die Potch Load Shedding and info Facebook-groep ‘n baie goeie bron van inligting oor beurtkrag.



