NewsNews

Oupa (77) tydens Parys huisroof vermoor

‘n 77 jarige man is Sondag (24 Junie) in sy huis in President Krugerstraat in Parys tydens ‘n huisroof vermoor.

‘n 77 jarige man is Sondag (24 Junie) in sy huis in President Krugerstraat in Parys tydens ‘n huisroof vermoor.

Die Parys Gazette berig dat die verdagte het deur die dak toegang gekry en is waarskynlik deur die man in die sitkamer betrap waar hy ook gesterf het. Die moordenaar is weer by die kombuisdeur uit sonder dat iets noemenswaardig gesteel is.

Pierre Lotz, het waarskynlik die slag gehoor toe die inbreker deur die dak op die kombuistafel geval het. Hy het op pad kombuis toe nog die paniekknoppie van die alarm geaktiveer. Parate en besorgde bure het onmiddellik op die alarm gereageer.
Sy vrou, Maggie wat nog herstel het van ’n operasie, was in die slaapkamer en is ongedeerd.

Die egpaar het sedert 2005 in die huis in President Krugerstraat gewoon toe hulle van Natal na Parys verhuis het.
Pierre was ‘n afgetrede skoolhoof en baie betrokke in die gemeenskap waar hy as hoofouderling in die NG Moedergemeente gedien het.

Teen tyde van publikasie is daar nog geen begrafnis reëlings getref nie. Daar is ook nog niemand in hegtenis geneem in verband mnet die voorval nie.

 

Lees meer oor dié voorval in die Parys Gazette

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/42897/louwstraat-moordverdagte-steeds-aanhouding/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/43614/ma-steeds-koma-na-louwstraat-aanval/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/43923/ma-sterf-twee-maande-n-aanval/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button