NewsNewsRegional News

“Dooie” vrou word in Carletonville lykshuis wakker

'n Vrou wat na 'n ongeluk deur paramedici dood verklaar was, is Sondag (24 Junie) lewendig in die Carletonville lykshuis gevind.

‘n Vrou wat na ‘n ongeluk deur paramedici dood verklaar was, is Sondag (24 Junie) lewendig in die Carletonville lykshuis gevind.

Die Carletonville Herald berig dat ao Peter Masooa, polisiewoorvoerder, die voorval bevestig het.

Volgens paramedici, is dit nie iets wat normaalweg gebeur nie, alhoewel dit al van te vore gebeur het.
Paramedici het verduidelik dat daar streng protokol is wat gevolg moet word voordat ‘n persoon dood verklaar kan word.

Alhoewel dit soms voor die hand liggend is, soos wanneer iemand onthoof is of wanneer ‘n lyk al ontbind is, is daar gevalle wat moeilik is om te identifiseer.

In sulke gevalle moet daar vir ten minste vir 30 sekondes geen hartklop wys nie, daar moet vir ten minste vyf minute geen teken van asemhaling wees nie en daar moet geen teken van braking wees nie.

In gevalle waar pasiënte se liggaamstemperatuur baie laag is of waar mense onder die invloed van dwelms is, is dit moontlik dat ‘n persoon volgens al die protokol dood lyk maar eintlik nog lewe.

Die vrou is na Carletonville hospitaal geneem vir verdere behandeling.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button