NewsNews

Prof. Fika is nuwe Aardklop voorsitter

Prof. Fika Janse van Rensburg is kort na sy afskeid van die NWU as die nuwe voorsitter van Aardklop Nasionale Kunstefees aangekondig.

Prof. Fika Janse van Rensburg is kort na sy afskeid van die NWU as die nuwe  voorsitter van Aardklop Nasionale Kunstefees aangekondig.

Hy neem oor by mnr. Japie Gouws, voormalige uitvoerende hoof van die ATKV, wat die afgelope twee jaar die direksie gelei het.

Volgens Gouws was dit vir hom ʼn groot voorreg om vir die eerste drie jaar van die “nuwe Aardklop” op die direksie te dien. Hy het die direksie en bestuur bedank vir die toewyding en harde werk.

“Aardklop is een van die bekendste en belangrikste handelsmerke in die Afrikaanse kultuurwêreld en is onontbeerlik vir die skep van geleenthede vir die kunstepubliek, kunstenaars, kunsmakers, die ekonomie van Potchefstroom, en vir die lewenskragtigheid van Afrikaanse kunste in die algemeen. Fika is die ideale persoon om Aardklop vorentoe te neem as een van die toonaangewende Afrikaanse kunstefeeste in Suid-Afrika,” het Gouws gesê.

Volgens Alexa Strachan, Feesbestuurder, is Gouws se  vertrek vir almal ‘n terugslag.

“Sonder sy sterk en kalm leierskap sou die sogenaamde “nuwe Aardklop” nie kon wees nie. Ons respekteer egter sy besluit, en weet dat hy Aardklop altyd trots as deel van sy reuse nalatenskap sal sien. Ons sien baie uit daarna om saam met prof Fika as voorsitter te werk. Die jaar wat hy reeds op die direksie gedien het, het gewys dat hy die fees, asook die breër kultuurlandskap werklik ter wille is. Hy is vertroud met die werklikhede en uitdagings waarmee ons te doen kry, en sy positiewe denkwyse is reeds alombekend. Boonop is hy ‘n geliefde en gerespekteerde persoonlikheid in die groter Potchefstroom-gemeenskap,” het Strachan gesê.

 

Lees meer in vandeesweek se Herald.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button