NewsNews

Moenie ’n sagte teiken vir misdadigers dié vakansie wees nie

Met die feesseisoen wat voorlê en talle studente en inwoners van Potchefstroom wat sak-en-pak die stad gaan verlaat vir ’n heerlike vakansie, wil brigadier Steven Moodley, stasiebevelvoerder van die Potchefstroom-polisie, almal ’n veilige en voorspoedige feestyd toewens.

Daniël Hartzer

Met die feesseisoen wat voorlê en talle studente en inwoners van Potchefstroom wat sak-en-pak die stad gaan verlaat vir ’n heerlike vakansie, wil brigadier Steven Moodley, stasiebevelvoerder van die Potchefstroom-polisie, almal ’n veilige en voorspoedige feestyd toewens.

Met sy seënwense wil hy ook Potchefstromers daaraan herinner dat hoewel baie van hulle dalk nie die feesseisoen in Potchefstroom gaan deurbring nie, misdaad steeds oral om ons is.

Hier is ’n paar algemene veiligheidswenke om die vakansie te onthou:

1. Wees ten alle tye bewus van die omgewing waar jy is, vertrou jou sesde sintuig wat vir jou sê as iemand vir jou kyk of as iemand jou volg.

2. As jy in die aande alleen moet loop, maak seker jy loop op ’n pad waar daar helder ligte is en paaie waar daar baie mense is. Indien moontlik, moet nie alleen loop nie, veral nie in die aande nie. Hoe meer mense julle is hoe veiliger is julle. Vermy ook paaie wat nooit deur mense gebruik word nie.

3. Loop met jou kop regop sodat jy alles om jou kan sien. Misdadigers fokus gewoonlik op mense wat nie aandag gee aan hulle omgewing nie.

4. Moet nie op jou selfoon wees of enige ander elektroniese toestel gebruik terwyl jy in die publiek loop nie, dit is baie maklik vir grypdiewe om hul hande daarop te kry en weg te hardloop. Hou alle waardevolle items buite sig en indien moontlik los dit in jou kar of by die huis voor jy iewers heen loop.

5. Voordat jy jou voertuig verlaat maak seker dat alle waardevolle items buite sig is en dat jou voertuig gesluit is. Baie diewe het apparate wat jou voertuig kan oopsluit. Wag ’n oomblik voordat jy heeltemal weg- loop van jou voertuig af. Maak ook gebruik van karwagte.
Al kan jy nie altyd vir hulle geld gee nie, help hulle nog steeds om jou kar veilig te hou.

6. Moenie vreemdelinge wat ryloop langs die pad, oplaai nie. Dit is nie altyd veilig nie en baie keer kry hulle meer as net ’n saamrygeleentheid iewers en steel van jou goed.

7. Moet nie in enige publieke terreine alleen na die badkamer toe gaan nie. Maak seker om ‘n familielid of vriend saam met jou te neem.

Volg die wenke om seker te maak dat jy nie die vakansie ’n sagte teiken vir misdadigers word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button