NewsNews

Munisipale stortingsterrein ’n groot gemors

Die munisipale stortingsterrein in Potchefstroom se industriële gebied is al vir ’n wyle ’n seer oog vir inwoners.

Die munisipale stortingsterrein in Potchefstroom se industriële gebied is al vir ’n wyle ’n seer oog vir inwoners.
Die terrein in Jeppestraat, waar inwoners hul tuinvullis heen kan neem, is oorvol en word beskryf as ’n totale gemors.

Vullis lê nou al buite die ingang en word gebrand eerder as weggery. ’n Inwoner sê dat dit lyk asof die vullis maande laas weggery is.

’n Ander inwoner sê dat toe sy ’n tyd gelede haar tuinvullis daarheen wou neem, sy nie eers met haar voertuig binne kon ry nie, aangesien die hele pad vol rommel gelê het.

Munisipale woordvoerder Willie Maphosa sê die munisipaliteit het onlangs struikelblokke ten opsigte van kontrakteurs gehad asook interne arbeidsaksies wat die vloei van sake belemmer het.

Hy sê ook dat inwoners hul vullis op ’n wanordelike wyse in die area begin stort het en dat mense hul rommel buite die stortingsterrein afgelaai het.

“Hierdie kwessies is egter nou opgelos en die diensverskaffer by die stortingsterrein het ingestem om die omvang van die terrein te verbreed. Die area word ook nou deeglik skoongemaak,” sê hy.

Hy sê die munisipaliteit is spyt oor die ernstige ongerief wat die kwessies vir inwoners veroorsaak het en verseker dat vullisverwydering weer voortgaan en dat hulle alles in hul vermoë doen om die agterstand te hanteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button