Daar sal vandag (11 Januarie) geen vullisverwydering in Potchefstroom plaasvind nie.
Dit nadat lede van die Promosagemeenskap weer die pad na die vullisterrein versper het. Gemeenskapslede het Donderdag ook die pad versper. Hulle meen dat die feit dat die vullisterrein gesluit is, veroorsaak dat mense en selfs die munisipaliteit vullis in die veld buite die terrein naby die woongebied stort.
Volgens lede van die Promosagemeenskap is die situasie nou al van so aard dat die vullis tussen die huise is.
Direkteurs, die munisipale bestuurder, burgemeester en ander belanghebbendes het vanoggend om 10:00 ‘n vergadering gehad om die probleem te bespreek.



