NewsNews

Vredefort koepel beslis wêrelderfenisgebied

Die Vredefort Koepel is beslis werelderfenisgebied, het die Herald vasgestel.

Die Vredefort Koepel is beslis werelderfenisgebied, het die Herald vasgestel.

Dit volg nadat die Herald vandag (11 April) ‘n oproep van ‘n man ontvang het wat homself as ‘Jaco’ geidentifiseer het. 

Volgens hom het die Herald in die huldeblyk van dr. Martin Brink, ’n bekende geoloog, verkeerdelik berig dat die Vredefort Koepel status as wêrelderfenisgebied geniet. 

Die Herald het ondersoek ingestel. Volgens die United Nations Educational Scientific and Cultural organisation (UNESCO) se webtuiste is die Vredefort Koepel as wêrelderfenisgebied gelys. 

Volgens prof. Frans Waanders, verbonde aan die fakulteit ingenieurswese van die NWU, wat saam met dr. Brink deel was van die span wat bygedra het tot die verklaring van die koepel as erfenisgebied, is dit onwaar dat dié area nie erfenisstatus geniet nie. 

“SAHRA het dit ook by ‘n geleenthied by Khaya iBhubesi as nasionale erfenisgebied verklaar. Baie ouens wat groot ontwikkelings wou doen is gestop en nou verkondig hulle dat dit nie een is nie” het Waanders gesê. 

Die Vredefort koepel is dus as wêrelderfenisgebied en nasionale erfenisgebied verklaar.

Die Herald het ook vir SAHRA (South African Heritage Resource Agency) gevra om te bevestig of die koepel wel erfenisstatus geniet. Teen tyde van publikasie het SAHRA nog nie op die Herald se versoek reageer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button