
ʼn Derdejaar student aan die Potchefstroom Akademie, is Vrydagoggend (12 April) deur drie mans in Tuinstraat beroof.
Die student het omstreeks 06:30 Vrydagoggend gaan draf waarna die drie mans haar in die straat voorgekeer het.
Die een man het haar selfoon uit haar hand probeer gryp, maar sy het teruggeveg en hom met pepersproei, wat in haar ander hand was, gespuit.
Die drie mans het haar egter oorweldig waarna hulle haar selfoon by haar afgevat en gevlug het.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, is nog niemand in hegtenis geneem nie. Maar ‘n saak van roof word ondersoek.
Lees meer in vandeesweek se Herald oor die voorval
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



