SportSport

Mervyn Taylor is nuwe Luiperds Rugbyunie president

Die Luiperds Rugbyunie het nou 'n nuwe rugbyman in die warm stoel met die welbekende, Mervyn Taylor, wat gisteraand by die Luiperds se jaarlikse verkiesing as die nuwe president ingehuldig is.

Die Luiperds Rugbyunie het nou ‘n nuwe rugbyman in die warm stoel met die welbekende, Mervyn Taylor, wat gisteraand by die Luiperds se jaarlikse verkiesing as die nuwe president ingehuldig is.

Taylor, wie die huidige bestuurder van die NWU Rugbyinstituut is,  het genoem dat hierdie nuwe geleentheid vir hom ‘n groot eer is om aan die stuur van sake in Noordwes te wees.

“Dit is die grootste voorreg om die Luiperds Rugbyunie te lei en vir ‘n rugbyadministrateur is daar geen groter pos nie. Soos die Engelsman sal sê, ‘I am humbled,’ het Taylor genoem.

Volgens hom lê daar vele uitdaging ook voor met die grootste taak om die Luiperds weer hoog opdie agenda van die plaaslike gemeenskap te plaas.

“Die Luiperds moet weer die mense se span word en dit is iets waarop ek onder andere gaan voortbou,” het Taylor gesê.

*Lees meer in komende Donderdag (18 April) se Potchefstroom Herald vir ‘n profiel oor Mervyn Taylor en sy planne by die Luiperds. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button