NewsNews

VF Plus vra vir forensiese oudit van munisipaliteit

Die VF Plus, het in 'n verklaring weereens op 'n forensiese oudtit van die munisipaliteit se finansies aangedring.

Die VF Plus, het in ‘n verklaring weereens op ‘n forensiese oudtit van die munisipaliteit se finansies aangedring.

Volgens Pieter Steyn, VF Plus koukusleier in die munisipaliteit, is die oplossing vir die munisipaliteit se probleme nie noodwendig om dit onder administrasie te plaas nie.

Om die JB Marks-plaaslike munisipaliteit onder administrasie te plaas, is nie die oplossing vir die dorpe wat dit bedien, Potchefstroom en Ventersdorp, se probleme nie.

“Die diep verdeelde ANC in die Noordwes gebruik die dekmantel van administrasie om sy verdeelde koukus in JB Marks te beheer, ten koste van dienslewering en die regte en belange van die inwoners van Potchefstroom en Ventersdorp,” het Steyn gesê.

Opposisiepartye het al herhaaldelik op ʼn forensiese oudit van die dorp se finansies aangedring.

“Die oudit is nodig sodat ongerymdhede nie onder die mat ingevee kan word nie, en sodat die mense wat verantwoordelik is vir die munisipaliteit se finansiele verknorsing, aanspreeklik gehou kan word,” het Steyn gesê.

Volgens die verklaring sal die VF Plus ʼn mosie indien dat ‘n forensiese ondersoek dringend gedoen word om te voorkom dat die munisipaliteit totaal in duie stort.

“Munisipaliteite wat onder administrasie geplaas is, kon nog nooit suksesvol reggeruk word nie,” het Steyn gesê

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button