SportSport

Hugo wil naam maak in Vannes by die Franse

Hugo vlieg die 23ste Junie Frankryk toe en begin die 26ste Junie amptelik met Vannes se voorseisoenprogram.

Die talentvolle Luiperds en NWU-puntemasjien, Schalk Hugo, gaan vir eers sy skopskoene in ‘n reistas pak, nadat hy ‘n jaarkontrak by die Franse D2 klub, Vannes, geteken het.

Volgens hom was hy uit die veld geslaan toe die afrigter van Vannes, Jean-Noël Spitzer, hom met die aanbod gebel het.
“Sonder dat ek enigiets verwag het, het die afrigter van Vannes my gebel. My eerste woorde en reaksie was dat ek verseker belang stel, maar ek het toe eers met my ouers en broer gesels voor ek definitief ja gesê het,” noem hy.

“Dit gaan lekker wees om saam met nuwe gesigte rugby in die ProD2-liga te speel. Ek wil ook die Godgegewe talent wat ek het voluit uitleef in ‘n ander land. Ek wil alles toepas wat ek by die Puk en Luiperds geleer het en sodoende ‘n positiewe impak op spanmaats se lewens maak.”

Hugo vlieg die 23ste Junie Frankryk toe en begin die 26ste Junie amptelik met Vannes se voorseisoenprogram.

Lees meer in hierdie week (Donderdag, 13 Junie) se Potchefstroom Herald vir die volledige onderhoud met Schalk Hugo.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button