NewsNews

Motoriste moet versigtig wees op N12

Die brandweer het die brandende bande van die snelweg verwyder, maar motoriste moet steeds versigtig wees as hulle dié pad moet ry.

Die N12 tussen Klerksdorp en Potchefstroom naby Ikageng was weens betoging in albei rigtings vir ‘n kort rukkie gesluit. 

Kapt. Sam Tselanyane, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig dat betogers in die area met protesaksie besig is.

Verkeer vloei nou stadig maar  betogers het na ander dele van Ikageng en die nywerheidsgebied beweeg. 

Die brandweer het die brandende bande van die snelweg verwyder, maar motoriste moet steeds versigtig wees as hulle dié pad moet ry. 

Betogers het skaars ‘n maand terug die pad versper weens ongelukkigheid oor erwe. Intussen het die burgemeester met die inwoners vergader. Die afgelope naweek het honderde mense sinkhuise begin oprig. Die munisipaliteit het in ‘n verklaring gesê dat die huisies wat mense opgerig is onwettig is en dat die munisipaliteit diegene wat onwettige huise opgerig het waarsku om dit te verwyder. 

Lees meer oor die oprigting van die onwettige huisies in die week se Herald. 

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/video_of_the_day/video-protestors-destroy-road-sarafina-entrance-next-n12/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button