
Volgens die JB Marks Munisipaliteit het Eskom pas ‘n waarskuwing uitgestuur oor ‘n kragonderbreking in dele van Potchefstroom vanaand (14 November).
Volgens Jeanette Tshite, munisipale woordvoerder, gaan die kragonderbreking glo van 21:00 tot omstreeks 21:30 duur.
Die rede vir die onderbreking is sodat Eskom herstelwerk aan van die dele van die ALPHA-substasie, wat deur weerlig getref is, kan doen.
Die volgende dele van Potchefstroom sal vir daardie tydperk sonder elektrisiteit wees:
• Potchefstroom se indutriële gebied (Industria).
• Dele van die Suiddorp insluitend Miederpark, Potchefstroom hospitaal en ander omliggende gebiede.
Tshite sê alle kragpunte moet ten tyde van die onderbreking as lewend beskou word.



