NewsNews

59 kreatiewe kersbome by PP inspireer

‘n Uitstalling van 59 kersbome word nog net tot Donderdag, 21 November by Laerskool President Pretorius (LPP) uitgestal en is vandag en more van 14:00 – 21:00 oop vir besigtiging.

Besighede, instansies en individue van Potchefstroom het saamgespan om aan die publiek te wys hoe kreatief ‘n mens eintlik met kersbome kan wees. Hier is enigiets van tradisionele bome tot installasies. Leerlinge van Laerskool President Pretorius was begeesterd en het self ingespring en die oulikse versierings opgetower.

Diegene wat nog nie idees vir ‘n kersboom hierdie jaar het nie, sal beslis nie sonder inspirasie wegstap nie. ‘n Kwekery het die mooiste boom uit rakke en plante gepak, die Potchefstroomse Museum het vir ‘n eg tradisionele boom met outydse kersversierings gesorg en ‘n bloemiste het vir een jaar en vier maande aan die mooiste bolvorminge kerversierings gehekel.

Janke Kruger en Susan Puren geniet die uitstalling.

Dan is daar ‘n kersboom wat met koekies versier is en Paws het foto’s van hulle wesies (die oulikste katte en brakke) aan ‘n boom gehang. ‘n Eienaar van ‘n restaurant/koffiewinkel het sy vriendinne gevra om hul oorbelle aan hom te leen vir sy versierings en ‘n tong-in-die-kies kersboom wat uit wasgoed bestaan, pas nogal in by die lui vakansiegevoel wat mens Desember moet hê. Vuil wasgoed kan selfs dien as ‘n afskrikmiddel vir knaende gaste wat nie hulle ry wil kry nie.

Vir my was die mees inspirerende boom die installasie met versierings uit gesmelte afvalplastiek. Wie het ooit kon dink dat vervormde plastiek soos delikate glasversierings kan lyk!

Familie en vriende word genooi om die kersboom-uitstalling sommer ‘n kuiergeleentheid te maak. Wegneemetes is te koop en tafels en stoele onder die koeltebome dien as ‘n perfekte piekniekarea.

Die kersboomprojek is ‘n fondsinsameling vir die skool. ‘n Minimale toegangsfooi van R20 per volwassene en R10 vir kinders (7 jaar en ouer) word by die deure betaal. Kinders onder 7 jaar se toegang is gratis.

‘n Kersboom uit boeke

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button