NewsNews

Kliniek in Ventersdorp soek man se familie

'n Kliniek in Ventersdorp is al sedert 17 Februarie opsoek na die familie van 'n 39 jarige man wat op 11 Februarie by die kliniek opgeneem is. 

‘n Kliniek in Ventersdorp is al sedert 17 Februarie opsoek na die familie van ‘n 39 jarige man wat op 11 Februarie by die kliniek opgeneem is.

Volgens ‘n verklaring van die  department van gesondheid in die provinsie is, Jacques Scheepers met ‘kroniese siekte’  by die Ventersdorp gemeenskaps gesondheidsentrum opgeneem.

Hy het glo saam met ‘n groep mense by Wawielpark gebly voordat hy opgeneem is.

“Die pasiënt wou geen besonderhede oor sy familie gee nie. Hy het vyandig opgetree.  Al informasie wat die kliniek uit hom kon kry is dat sy sussie in Klerksdorp woon en dat hy broer in Kimberley het,” lui die verklaring.

Alhoewel Scheepers al op 24 Februarie ontslaan was, was daar niemand om hom te kom haal nie. Die mense by wie hy gewoon het, het geweier. Volgens die verklaring was die plan om op 28 Februarie saam met Scheepers Klerksdorp toe te ry maar sy gesondheid het weer verswak waarna hy weer opgeneem is.

Die kliniek vra dat as enige iemand Scheepers se familie ken, dat hulle, hulle in kennis sal stel van waar hy homself bevind.

Die nommer vir die departement is (018) 264 0000

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button