NewsNews

Klerksdorp man vas na hy glo kleuter verkrag en vermoor

'n 19-jarige man van Jouberton naby Klerksdorp is verlede week op aanklag van ontvoering, verkragting en moord in hegtenis geneem.

‘n 19-jarige man van Jouberton naby Klerksdorp is verlede week op aanklag van ontvoering, verkragting en moord in hegtenis geneem.

Die 15 maande oue Mpho Kgoroyadira, is glo op 1 Februarie, omstreeks 20:00 uit haar ouerhuis ontvoer.

Volgens Kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het Mpho se ma wakker geword en besef daar is iemand in die huis. Die persoon het glo vir Mpho gegryp waarna hy te vloet gevlug het. Mpho se lyk is op 14 Februarie in ‘n oop veld naby Jouberton onder ‘n klip gevind.

Pitso Motsanana (19) is kort voor die grufonds van Mpho se lyk in hegtenis geneem. Hy vlugtig in die landroshof in Klerksdorp verskyn waarna die saak na 25 Maart uitgestel is vir ‘n amptelike borg aansoek. Motsanana bly in hegtenis tot sy volgende verskyning in die hof.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button