NewsNews

Seun (6) skiet per ongeluk huiswerker met pistool

‘n Sesjarige seuntjie het gister (Donderdag, 19 Maart) omstreeks 12:00 hul huiswerker per ongeluk met ‘n .22-pistool in die boud geskiet.

‘n Sesjarige seuntjie het gister (Donderdag, 19 Maart) omstreeks 12:00 hul huiswerker per ongeluk met ‘n .22-pistool in die boud geskiet.

Die kind se ma was na bewering nie by die huis nie en het hy toegang tot die pistool in die hoofslaapkamer verkry.

Volgens kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, word die ma aangekla vir die besit van ‘n ongelisensieërde vuurwapen. Sy het gister reeds in die Potchefstroomse landdroshof verskyn en is op R1000 borgtog vrygelaat.

Die polisie ondersoek ook ‘n saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer teen die ma. Sy moet 7 April weer in die hof verskyn.

Die huiswerker is na die voorval in ‘n plaaslike hospitaal opgeneem.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button