NewsNews

Man dood na ongeluk op Paryspad

'n Man is Maandagaand (27 Julie) dood nadat die voertuig waarin hy was op die Paryspad gerol het. 

‘n Man is Maandagaand (27 Julie) dood nadat die voertuig waarin hy was op die Paryspad gerol het.

Volgens Russel Meiring, ER24 woordvoerder, is drie ander mense ook tydens die ongeluk beseer.

“Paramedici het saam met die JB Marks brandweer omstreeks 20:00 op die toneel gekom. Die voertuig was langs die pad, ‘n man was binne die voertuig vasgevang. Die ander mense was buite die voertuig,” het Meiring gesê.

Volgens hom het die man wat binne die voertuig vasgkeer was geen teken van lewe getoon nie en is dood op die toneel verklaar.

Die drie ander insittendes, twee vroue en ‘n man het slegs matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel waarna hulle hospitaal toe vir verdere behandeling geneem is.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button