Potchefstroom Herald het tydens die afgelope 2019 Forum vir Gemeenskapsjoernaliste (FCJ) toekenningsfunksie weer eens saam met die bestes geboer. Die FCJ-toekenningsfunksie vereer die top koerante en joernaliste in gemeenskapsjoernalistiek in Suid-Afrika.
Weens Covid-19 kon die beplande funksie vir 2020 nie soos gewoonlik met ‘n fisiese prysuitdelingsfunksie gehou word nie. Die wenners en finaliste is dus verlede Vrydag, 26 Februarie aanlyn aangekondig. Potchefstroom Herald was ‘n finalis in die kategorie: Beste Voorblaaie.

Die Herald se redakteur, Dustin Wetdewich, het ‘n uitstekende tweede plek in die kategorie: Ondersoekende Joernalistiek, sowel as ‘n derde plek in die kategorie: Redaksionele Kommentaar en ‘n derde plek in die kategorie: Joernalis van die Jaar, verwerf.
Die Herald se sportjoernalis, Wouter Pienaar, is as ‘n finalis in drie skryfkategorieë, naamlik sport, menslike belang (human interest) en opskrifte benoem.




