CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Neem die burgemeester verlof of staan hy opsy?

‘n Week voordat die burgemeester van die J.B. Marks munisipaliteit, Kgotso Khumalo, se hofsaak op 16 April in die Potchefstroomse streekhof hervat, het hy Leon Mkhabela aangestel om van 8 April tot 9 Mei as waarnemende burgemeester op te tree.

‘n Week voordat die burgemeester van die J.B. Marks munisipaliteit, Kgotso Khumalo, se hofsaak op 16 April in die Potchefstroomse streekhof hervat, het hy Leon Mkhabela aangestel om van 8 April tot 9 Mei as waarnemende burgemeester op te tree.  Mkhabela is burgemeesterskomiteelid van openbare veiligheid.

Chris Hattingh, DA-raadslid in die J.B. Marks munisipaliteit, het in ‘n verklaring gesê dat die DA dit verwelkom dat Khumalo uiteindelik opsy staan, maar dat dit vyf maande te laat is. Die ANC het reeds op 30 Maart teen die DA se mosie van wantroue wat hulle teen Khumalo ingestel het, gestem.

“Met die aanstelling van Mkhabela is dit net nog ‘n poging van Khumalo om beheer uit te oefen,” sê Hattingh. Volgens Hattingh speel Khumalo veilig deur opsy te staan, want pres. Cyril Ramaphosa en die ANC se nasionale uitvoerende komitee het onlangs aangekondig dat alle ANC-lede en -leiers wat van korrupsie en ernstige misdrywe aangekla word, opsy moet staan. Indien hulle dit nie doen nie, sal hulle geskors word.

Khumalo word daarvan beskuldig dat hy en ander hooggeplaastes in die munisipaliteit R5 miljoen gesteel het. Willie Maphosa, woordvoerder van die munisipaliteit, het bevestig dat Khumalo in ‘n brief wat intern onder munisipale amptenare versprei is, Mkhabela waarnemend tot 9 Mei aangestel het. Hy het egter gesê dat hy nie amptelike inligting het van Khumalo wat opsy staan nie. Maphosa sê dat die ANC die proses van opsy staan bestuur en nie die staat nie.

Die woordvoerder van Khumalo, Mandla Tawana, het wel aan die Herald bevestig dat die burgemeester verlof geneem het en dat hy nie opsy staan nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button