CommunityNewsNewsPhoto Galleries
Gratis rondleiding by Kruger-kunsuitstalling
Prof. John Botha, eertydse kunsgeskiedenis dosent aan die NWU, sal die volgende twee Vrydae (20 & 27 Augustus) van 12:00-13:00 die publiek deur Hennie Kruger se kunsuitstalling rondlei.

Prof. John Botha, eertydse kunsgeskiedenis dosent aan die NWU, sal die volgende twee Vrydae (20 & 27 Augustus) van 12:00-13:00 die publiek deur Hennie Kruger se kunsuitstalling rondlei. Die uitstalling het Dinsdag, 10 Augustus by die Snowflake-gebou geopen.
Prof. Botha sal meer oor Hennie as kunstenaar gesels en die kunsstyle en simboliek uitlig wat in sy werke betrek en uitgebeeld word. Die rondleiding is gratis en die Potchefstroom Kunsvereniging nooi almal wat in visuele kuns belangstel om dit by te woon. Geen besprekings is vooraf nodig nie. Enige navrae kan per e-pos aan potchkuns@gmail.com gerig word.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



