CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Slaghuisbestuurder slaan rower met knopkierie: word 2 keer geskiet

‘n Slaghuisbestuurder (37) is gister (30 September) twee keer geskiet toe vier vermeende rowers ‘n slaghuis wou beroof.

‘n Slaghuisbestuurder (37) is gister (30 September) twee keer geskiet toe vier vermeende rowers ‘n slaghuis wou beroof.

Dié voorval het rondom 17:30 in Sol Plaatjiestraat plaasgevind.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in die Noordwes, sê vier mans het die slaghuis met ‘n vuurwapen binnegekom, terwyl twee buite gewag het. ‘n Skermutseling het tussen die slaghuisbestuurder en die rowers ontstaan waarna die bestuurder een van die rowers met ‘n knopkierie oor die kop geslaan het.

Die rower het daarna twee skote afgevuur wat die bestuurder tussen die maag en bors asook in die linkerknie getref het. Daarna het die rowers op die vlug geslaan. Kol. Myburgh sê die polisie is op soek na ses verdagtes en ‘n saak van poging tot besigheidsroof en poging tot moord is geopen. Enige iemand met meer informasie, kan a.o. Kevin Pretorius by 082 461 8263 skakel.

Die woordvoerder van Mediclinic hospitaal, Diana King, het bevestig dat die slaghuisbestuurder se toestand stabiel is en dat hy later vandag moontlik ontslaan kan word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button