CommunityLifestyleLocal newsNewsNews

Soos ’n feniks het hy opgestaan

Min mense sal na ‘n ernstige motorongeluk weer aan kompeterende sport deelneem, maar dit is presies wat Johannes ‘Joe’ Seerane in 2013 gedoen het.

Min mense sal na ‘n ernstige motorongeluk weer aan kompeterende sport deelneem, maar dit is presies wat Johannes ‘Joe’ Seerane in 2013 gedoen het. Die Herald het gaan inloer by die nuwe Luiperds Cravenweek agterlynafrigter om meer oor hom uit te vind. “Ek het in 2009 ophou drink. Ek het net gevoel dat dit my verander. In 2013 was ek in ‘n ernstige motorongeluk en ek het ernstige brandwonde opgedoen,” vertel Seerane terwyl hy na van die letsels op sy hande wys. Dit is moeilik om te dink dat hy slegs ‘n jaar daarna weer vir Grens uitgedraf het. “Dit was seer maar ek het deurgedruk tot ek dit nie meer gevoel het nie,” verduidelik hy. Dit blyk dat Seerane verkies om onder druk te werk. Afgesien van sy verpligtinge as Cravenweek afrigter is hy ook die Luiperds se hoëprestasiebestuurder vir hoërskole, eerste span afrigter by Ferdinand Postma Hoërskool, voltydse onderwyser en rugbyorganiseerder by die skool. Sluit in die feit dat hy getroud is en ‘n jong kind het, dan is dit verbasend ddat die man nog enige tyd vir homself het. Tog, hoe meer ‘n mens met hom gesels, hoe meer besef jy dat die tyd op die rugbyveld en saam met sy gesin die tyd is wat hy die meeste geniet. “Ons het ‘n gesegde by Ferdies, ‘Pay it Forward’ maar ek wil ‘n stap verder gaan met ‘Pay it Back’. Ek het al so baie lewenslesse by mense soos Hannes Esterhuizen geleer dat ek voel dat ek dit moet teruggee aan die seuns met wie ek werk,” verduidelik hy. Volgens hom was Esterhuizen een van die afrigters wat deur dik en dun in hom geglo het. “Selfs met al my beserings het hy vertroue in my getoon,” vertel Joe. Met ‘n lang lys prestasies op sy CV sou mens verwag om hom by tradisionele groter rugbyskole te sien, maar sy passie vir rugby en om ‘n verskil in jongmense se lewens te maak, maak dat hy op die regte plek is. “Ek is baie gelukkig by Ferdies. Hier bestuur jy nie net spanne nie, jy moet behoorlik afrig,” vertel hy. Joe het al baie moeite gedoen om liefde vir rugby by die skool te kweek. Die harde werk het bymekaar gekom toe die skool in 2019 die Noordwes kleinskole liga gewen het. “Ek wil graag bou op die sukses wat ons reeds behaal het, maar Covid het so bietjie ‘n stokkie voor dit gesteek,” verduidelik hy. Seerane is opgewonde oor die toekoms, nie net oor rugby by Ferdies nie, maar oor die lewe in die algemeen. “Ek is iemand wat die heeltyd die trappie wil klim. Ek het my wêreldrugby vlak 1 en 2 afrigtingkursusse gedoen. So die volgende stap is vlak 3. Ek werk om konstant te verbeter en om met daardie verbetering terug te gee,” glimlag hy.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button