EntertainmentLifestyleNewsNews

Foto’s: LyriMus Sessions maak musiekoptredes lewendig

Braam Coetzer, Jananda Coetzer, Chrisna Pienaar en Maryke Geldenhuys het opgetree op die aand en elkeen ‘n luide applous ontvang na hulle voortreflike optredes.

Die tweede LyriMus Sessions musiekkonsert was dubbel die musikale plesier die afgelope Saterdag, 2 Oktober in Waterboklaan. Braam Coetzer, Jananda Coetzer, Chrisna Pienaar en Maryke Geldenhuys het opgetree op die aand en elkeen ‘n luide applous ontvang na hulle voortreflike optredes.

Foto’s: Wouter Pienaar

Die hoofidee van die LyriMus Sessions is om ‘n platvorm vir kunstenaars te gee om te sing en ‘n instrument te speel en hulle talente voor ‘n gehoor ten toon te stel. Die sitkamer-atmosfeer is een van die groot trekpleisters van Lyrimus Sessions, waar die gehoor en kunstenaars ‘n werklike konneksie met die musiek het.

Braam Coetzer se sang en kitaarspel was ‘n fees vir die oor.

Chrisna was eerste op die beurt en het met verskeie Disney geinspireerde treffers soos “Part of Your World” en “Colours of the Wind” die gehoor laat glimlag en op ‘n nostalgiese reis geneem. Haar weergawe van Extreme se “More Than Words” en Brandi Carlisle se “The Story” was ook in die kol.

Maryke het bewys dat haar stem groot hoogtes kan bereik met pragtige weergawes van Celine Dion se “The Power of Love” en Whitney Houston se “When You Believe” onder andere treffende liedjies wat haar sangtalent beklemtoon het. Haar jazz weergawe van Ella Fitzgerald se “Makin’ Whoopee” was ook treffend.

Maryke Geldenhuys het die gehoor met haar stem bekoor.

Braam en Jananda se pa en dogter duet “You Don’t Bring Me Flowers” het die hartsnare gepluk, met Braam wat ook met sy eie vertoning treffers soos Neil Diamond se “Holly Holy” en Kris Kristofferson se “Loving Arms” die gehoor se aandag getrek het. Hy het ook Elvis Presley se “Don’t Be Cruel” uitstekend opgevoer.

Braam Coetzer, Chrisna Pienaar, Maryke Geldenhuys en Jananda Coetzer.

Jananda se “If You Were a Sailboat” van Katie Melua was strelend op die oor, terwyl haar prettige weergawe van Marilyn Monroe se “I Want To be Loved by You” haar veelsydigheid uitgebeeld het. “Mr Rock and Roll” van Amy McDonald sowel as “Lemon Tree” van Fools Garden het ook die gehoor laat saamsing.

Die volgende optrede sal op Saterdag, 23 Oktober plaasvind.

Vir meer besonderhede kontak Braam Coetzer by 082 570 4838

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button