E.S. le Grange bedank ondersteuners van gholfdag
E.S. le Grange, ‘n skool vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes, het Vrydag, 29 Oktober ‘n suksesvolle gholfdag aangebied en bedank al die borge vir die suksesvolle dag.
E.S. le Grange, ‘n skool vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes, het Vrydag, 29 Oktober ‘n suksesvolle gholfdag aangebied.
Daar was 71 borge wat pryse en putjies geborg het om die dag ‘n groot sukses te maak.
“Die gholfdag is een van ons skool se grootste fondsinsamelingsprojekte waar ons baie op die goedhartige ondersteuning van die Potchefstroom gemeenskap staatmaak,” sê Hetta Barnard, departementele hoof by E.S le Grange.
Volgens Hetta stel die gholfdag die skool in staat om geleenthede te skep vir die leerders om holisties te ontwikkel. Die jaar se fondse wat ingesamel is, sal ook aangewend word vir die skool se revue in 2022.




