CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Homestead: familie-slaghuis lewer kwaliteit vleis teen beste prys

Homestead is ‘n nuwe spog-slaghuis wat vandag (Donderdag, 18 November) sy deure vir die publiek open. Met baie jare se ervaring in die vleisbedryf waarborg die eienaars ‘n verskeidenheid kwaliteit vleisprodukte teen die beste pryse.

Homestead is ‘n nuwe spog-slaghuis wat vandag (Donderdag, 18 November) sy deure vir die publiek open. Met baie jare se ervaring in die vleisbedryf waarborg die eienaars ‘n verskeidenheid kwaliteit vleisprodukte teen die beste pryse.

Die slaghuis is ‘n familiebesigheid wat die produksielyn van die begin tot die einde self bedryf – van die voerkrale na die abattoir en uiteindelik die slaghuis. “Dit verseker dat die middelman uitgesny word en ons waarde vir geld kan lewer”, sê Kobus Grobbelaar, mede-eienaar van die slaghuis.

Met die opening van die slaghuis is daar spesiale afslagpryse: “kruisskyf (rump) en ledebiefstuk (sirloin) kombinasie (3kg en meer R99.95 per kg); T-been en klubskyf kombinasie (3kg en meer R84.95 per kg); Bief maalvleis (3kg en meer R79.95 per kg); boerewors (3kg en meer R79.95 per kg); grootmaat lamsvleis (R94.95 per kg); grootmaat varkvleis (R49.95); 5kg hoenderboudjies of kwarte (R199.95).

Hoewel die Grobbelaars se familiebesigheid aanvanklik met ‘n tragiese gebeurtenis begin het, het hulle die deursettingsvermoë en visie gehad om uiteindelik ‘n reeks suksesvolle slaghuise te open. Die familie het saamgestaan toe Kobus Grobbelaar, ‘n gesiene boer in die Ventersdorpse distrik, op 41-jarige ouderdom tragies in ‘n motorongeluk dood is. Sy oudste seun, Basie Grobbelaar het op 19-jarige ouderdom saam met sy ma, Martie, die boerdery oorgeneem.

Die tweede oudste broer, Bernie, het aanvanklik ‘n rugbyloopbaan gehad en vir die Cheetahs gespeel, maar het later ook by die familieboerdery aangesluit nadat hy ‘n sportbesering opgedoen het.

Die jongste broer, Kobus, het sy studies in rekeningkunde aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi en daarna ook goeie insette by die besigheid gelewer. Hulle eerste groot stap was om in 2007 Mahems Abattoir in Coligny te koop. Vyf jaar daarna het hulle, hul eerste slaguis gekoop. Groothandel kliënte oor die hele Noordwes en Gauteng het hulle slaghuis in Coligny besoek om aankope te doen daarom het hulle besluit om na Potchefstroom ook uit te brei.

Die Grobbelaar-gesin wat saam in die besigheid is: Basie, Bernie, Martie en Kobus.

“Ons het drie jaar beplan om uiteindelik Homestead op die been te bring”, sê Kobus wat dié slaghuis as die beste van al hul slaghuise beskou. Hulle verkoop nie alleen vleis nie, maar alles wat met braai en lekker eet te doen het – houtskool, brikette, speserye, souse, suiker, olie en nog baie meer. Hierdie is Jan Braai se droom braaivleiswinkel en kampeerders kan net met een stop al hulle proviant hier kry.

Homestead se missie is dienslewering, goeie kwaliteit, lae pryse en werkskepping. Die slaghuis is sentraal  by Palmietstraat 1 geleë. Vir enige navrae, skakel 018 065 0560.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button