NewsNews

Vier Graad 1 tweelinge by Baillies

Hierdie oulike graad 1’s is in die bevoorregte posisie om sommer op dag een al ‘n maatjie te hê.

Laerskool Baillie Park spog met vier tweelinge wat verlede Woensdag, 12 Januarie hulle eerste skooldag in Graad 1 begin het.

Hierdie oulike graad 1’s is in die bevoorregte posisie om sommer op dag een al ‘n maatjie te hê.

Hier is Laerskool Baillie Park se nuwe Graad 1 tweelinge vir 2022. Agter is Amia en Nicolas van der Walt, Jani en Tiané de Bruyn. In die middel is Miandi en Keila Farmer. Voor is Carli en Bernard Grobler. Foto: Verskaf

Nicolas en Amia van der Walt, Jani en Tiané de Bruyn, Carli en Bernard Grobler, asook Miandi en Keila Farmer is die vier tweelinge by Baillies.

Susan Cilliers van Netwerk 24 berig dat hierdie leerders verskeie beroepe wil beoefen wat ‘n ingenieur, ‘n wildbewaarder, ‘n veearts en ‘n “juffrou” behels.

Ongeveer 145 blink-oog Graad 1’s is by Baillie Park vanjaar ingeskryf.

Daar word steeds Covid-19 maatreëls toegepas met leerders wat maskers dra, gereeld saniteer en by hul eie tafel sit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button