NewsNews

Mannekyn word met lyk in voertuig verwar

"Ons het die voertuig gevind. Beamptes het gesien dat daar wel 'n paar voete by die ruit uitgehang het.

Daar is ‘n voertuig op die snelweg met ‘n paar voete wat by die ruit uithang. Dit wil voorkom of dit ‘n lyk wat binne ‘n mat opgerol is.

Dit was die boodskap wat die Cambridgeshire polisie in Engeland, onlangs ontvang het. Volgens die polisie was daar behoorlik binne die beheerkamer alarm gemaak. Polisiebeamptes was getaak om die voertuig op te spoor.

“Ons het die voertuig gevind. Beamptes het gesien dat daar wel ‘n paar voete by die ruit uitgehang het. Dit was gelukkig net ‘n mannekyn wat die bestuurder na ‘n verjaarsdagpartytjie toe vervoer het. Ons is bly dat hierdie ‘n vals alarm was,” het die polisie in ‘n verklaring gesê.

Die Mannekyn sou die betrokke aand by ‘n verjaarsdagpartytjie gebruik word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button