NewsNews

Verdagte doodgeskiet, een gearresteer na inbraak

Die ander verdagte is noodlottig gewond toe een van die CB Sekuriteit se reaksielede hom uit selfverdediging geskiet het.

Flink werk van plaaslike sekuriteitsmaatskappye en buurtwag het twee inbrekers gisteraand (3 Maart) in Springbokstraat gefnuik.

CB Security, Mooirivier Beskerming, CSS Security en Afriforum het saamgewerk in die area om die twee verdagtes te vang nadat hulle by ‘n huis in die straat ingebreek en huishoudelike items en juweliersware gesteel het.  

Die inwoner was nie by sy huis ten tyde van die inbraak omstreeks 20:30 gisteraand (3 Maart) nie. ‘n Soektog is na die verdagtes geloods en op ‘n stadium was die verdagtes op van die huise se dakke.

Een verdagte wat beseer is, is gearresteer agter in ‘n erf in Elandstraat en hospitaal toe vervoer. Die ander verdagte is noodlottig gewond toe een van CB Sekuriteit se reaksielede hom uit selfverdediging geskiet het.

“Ons reaksielid het oor die palisade gespring om die verdagte te arresteer. Die verdagte het hom met ‘n mes gedreig. Na ‘n waarskuwing is die verdagte uit selfverdediging geskiet toe hy hom met ‘n mes wou steek,” noem CB Sekuriteit se operasionele bestuurder, mnr. Eldrick Jordaan.

NW polisiewoordvoerder, Col. Amanda Funani, bevestig die voorval en noem dat die polisie ‘n saak van huisbraak ondersoek en dat daar ‘n geregtelike doodsondersoek geopen is.

“Die verdagtes is ook deur bure en polisie wat van diens af was geagtervolg. Die verdagte wat gearresteer is, is glo in sy 30’s en sal in die hof verskyn sodra hy uit die hospitaal ontslaan is,” noem Funani.

CSA Fire  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button