Op 16 Februarie 2022 het Dr. Karen van der Berg, direkteur van FAMSA Potchefstroom, die Leeuharttak van die VLU besoek om die dames in te lig oor die werksaamhede van FAMSA.

FAMSA (Families Suid-Afrika) streef daarna om ‘n gesonde gesinslewe te beskerm, te bevorder en te bewaar. Hierdie nie-winsgewende organisasie bied verskeie dienste aan diepubliek, o.a. terapeutiese dienste, bemiddeling tydens egskeidings, ondersteuning aan tieners, voorkoming van geweld teen vrouens en kinders, en ouerskapvaardigheidsopleiding.
Sy het vertel van die belangrike werk wat FAMSA tydens die Covid-pandemie gedoen het. Talle kinders, onderwysers en mediese personeel het baie trauma ervaar en FAMSA het deur middel van berading talle mense gehelp.
FAMSA word gedeeltelik deur die Departement van Sosiale Ontwikkeling befonds. Enige donasies is welkom, maar daar is veral ‘n behoefte aan speelgoed wat tydens kinderterapie gebruik kan word.
Dames wat belangstel om by die Leeuharttak van die VLU betrokke te raak kan Ineke Bakker by 082 786 6820 kontak.
Hulle vergader elke derde Woensdag van die maand om 14:00 in die NG Kerk Mooirivier kerksaal.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



