NewsNews

Gimmies is tweede beste kwintiel 4-skool in Suid-Afrika

Potchefstroom Gimnasium het oudergewoonte hulle akademiese vernuf gewys toe hulle gister (Donderdag, 7 April) as die Departement van Onderwys se tweede beste kwintiel 4-skool in Suid-Afrika aangewys is.

Potchefstroom Gimnasium het oudergewoonte hulle akademiese vernuf gewys toe hulle gister (Donderdag, 7 April) as die Departement van Onderwys se naasbeste kwintiel 4-skool in Suid-Afrika vir 2021 aangewys is.
 
Hierdie is nie iets nuut vir Gimmies nie, wat vorige jare (2017, 2019 en 2020) as die beste kwintiel 4-skool in die land aangewys was.
Gimmies se skoolhoof, mnr. Willie van der Merwe, ontvang die toekenning. Foto: Potchefstroom Gimnasium/Facebook
 
“Hiérdie sukses word verseker toegeskryf aan ons puik matriekgroep van 2021, onderwysers wat toegewyd is en ouers wat ondersteun,” het die skool op hulle Facebookblad genoem.
 
Potchefstroom Girls High is as die beste kwintiel 4-skool aangewys. Die prestasie van albei hierdie skole is ‘n bewys van die kwaliteit onderrig in Potchefstroom.
 
Hou www.potchefstroomherald.co.za dop vir nog stories oor hierdie fantastiese prestasie.
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button