NewsNews

Bestuurder wat Volkies se hek plat ry gevind

Die skool het op Dinsdag, 31 Mei, bevestig dat die persoon wat vir die skade verantwoordelik was na vore gekom het.

‘n Bestuurder het Sondagoggend (29 Mei) omstreeks 00:10 die hoofhek by die ingang van Hoër Volkskool Potchefstroom met sy motor flenters gery.

Volkskool het ‘n plasing op hulle Facebookblad met beeldmateriaal van die ongeluk gedeel en gevra dat die skuldige persoon na vore kom. In die video kan daar gesien word hoe ‘n sekuriteitsbeampte die hek begin oopmaak. Kort daarna, voor die hek heeltemal oop is word dit plat gery.

Die skool het op Dinsdag, 31 Mei, bevestig dat die persoon wat vir die skade verantwoordelik was na vore gekom het.

Die saak word intern hanteer en die persoon verantwoordelik sal die skade betaal. Daar sal nie enige verdere stappe geneem word nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button