NewsNews

Rekords spat vir liefdadigheid

18.6 ton klere is deur die grootste student-aangedrewe nie-winsgewende organisasie (NWO) in Suid-Afrika ingesamel.

18.6 ton klere is deur die grootste student-aangedrewe nie-winsgewende organisasie (NWO) in Suid-Afrika ingesamel.
Potchefstroom se Studente JOOL gemeenskapsdiens (SJGD) is heel waarskynlik ook een van die grootstes van sy soort ter wêreld.
SJGD is ʼn geregistreerde welsynsorganisasie wat deur 13 studente aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus bestuur word. Onder leiding van Voorsitter, Nicolas Umeh (23), het SJGD tydens die 2022 Kaalvoetdag-inisiatief, vroeër die jaar, 18.6 ton klere ingesamel.

Dit is ʼn nuwe rekord. Die vorige rekord wat opgestel is, was 18.1 ton tydens die 2018/ 2019 akademiese jaar.
Elke jaar tydens Kaalvoetdag werk studente en personeel van die Universiteit saam om ou klere, skoene en komberse in te samel. Dit word dan na die 62 SJGD-projekte in die Ikageng- en Promosa gemeenskappe versprei. Die ingesamelde klere word op die NWU se bekende Joolplaas in staal skeepshouers gestoor en lede van die Potchefstroom-, asook omliggende gemeenskappe, ander nie-winsgewende organisasies en studente kan aansoek doen om klere by SJGD af te haal.
Huidiglik is daar twee van hierdie skeepshouers (containers) wat tot teen die dak met streepsakke vol kledingstukke en beddegoed toe gepak is.
“Die sukses van SJGD is nie afhanklik van die mense wat dit bestuur nie, maar eerder die res van die studente-gemeenskap. Dit is werklik ʼn riem onder die hart om te sien hoe studente saamtrek om hul medemens te help.” So het Umeh (23), SJGD Voorsitter en honeurs student in BSc hidrologie en geohidrologie, gesê. Luidens Umeh hoop SJGD om binnekort saam met ʼn ander NWO, te werk om aan die vloedslagoffers van KwaZulu-Natal ʼn donasie te maak. “Hierdie donasie sal ons toelaat om die hulpbronne wat ons tot ons beskikking het, te gee aan mense wat dit werklik broodnodig het en sodoende ook plek te maak vir die volgende paar kilogram klere wat in 2023 ingesamel gaan word.”
Voordat die donasie egter kan plaasvind moet die bestuur van die NWU die groenlig aan SJGD gee, omdat die Universiteit se korporatiewe beeld ook aan die NWO gekoppel word.
SJGD loots ook elke jaar ʼn inisiatief genaamd ‘Blikkieskosdag’ waartydens nie-bederfbare produkte soos mieliemeel, sanitêre produkte en natuurlik, blikkieskos, vir die gemeenskap ingesamel word.
Tans is die nie-winsgewende organisasie hard aan die brei om 67 serpe klaar te kry voor Mandeladag wat op die 18de Julie plaasvind. “Die gemeenskap is meer as welkom om hul breipenne en bolle wol nader te trek as hulle sou wou. Hulle kan ook enige tyd ou klere en ander bruikbare items by die SJGD kantoor op kampus kom afgee”, het Umeh gesê.
Die rol wat inisiatiewe soos dié in die gemeenskap speel is van onskatbare waarde en die feit dat studente die dryfkrag hier agter is, maak die vooruitsig van nog rekords wat tuimel soveel meer opwindend.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button